Giving People a Voice For Change - Building Healthy Children, Families & Communities
DMI-SA Difference Makers International South Africa
  • Home
    • Online Shop
  • About Us
    • S.A Founder: Julie B Steynberg >
      • My Blog
      • My Why?
      • Radio Talks
  • One Billion Dreams
    • Events / Projects
    • Blue Ribbon Ceremonies
    • Blue Ribbon Gallery
    • Products >
      • Products Information Extra
  • DMI-SA NOMINEES
    • Change Makers SA >
      • Change Makers SA Outstanding Awards
      • Requirements of Nominations
      • Change Makers SA Stories
      • Change Makers SA Spreading the Love
    • Change Maker Couples SA
    • Change Makers Gallery
    • Valuable Nominees
  • Media
    • Newsletters
    • News
    • Headlines
  • Contact Us
    • DMI-SA Partners
  • Notes of Appreciation
  • Global News & Appreciation
    • International Founder: Helice Bridges
  • Changing Lives Community
    • Gallery
  • Julie's Love School

Plaaslike weldoener (Annemarie Cronje) vereer

Picture
Differencemakers SA is 'n internasionale beweging vir mense wat 'n verskil in ander se lewens maak. Dit is gebaseer op die beginsel van die film, Pay it Forward. Jy bewys 'n goeie daad aan iemand en vra daardie persoon om dit weer aan iemand anders te doen.

'n Groot eer het Annemarie Cronjé van Bloemfontein te beurt geval toe sy deur Differencemakers SA genomineer is as een van die Top-100-verskilmakers in die land.

Julie Steynberg, die uitvoerende direkteur van Differencemakers SA, het vanjaar 'n bewusmakingsprogram begin om die mense van Suid-Afrika meer bewus te maak van die Blue Ribbon Ceremony. Dit word reeds deur 34 miljoen mense in sowat 11 lande gebruik om 'n verskil te maak. The Blue Ribbon Ceremony het in 1980 in San Diego, Amerika, begin en oor die jare wêreldwyd uitgebrei. Veertig miljoen mense het reeds wêreldwyd deelgeneem aan 'n Blue    Ribbon-seremonie. SA is nou ook deel van hierdie beweging.

Steynberg het onlangs 'n werkswinkel vir 14 plaaslike dames kom aanbied. Elkeen van hierdie dames is gekies om 'n verskil in mense se lewens hier in Bloemfontein te maak. Tydens die werkswinkel is Cronjé se Top-10-nominasie amptelik oorhandig en het sy weer erkenning aan die ander dames gegee deur 'n blou strikkie vir elkeen aan te steek om hulle so te vra om met die goeie gebaar voort te gaan.Dit is die eerste keer dat iemand van die Rosestad genomineer is en dat so 'n werkswinkel hier aangebied is.

Bron:  ​http://www.bloemfonteincourant.co.za/plaaslike-weldoener-vereer/
Proud Partners and Sponsors of Difference Makers International-South Africa
Website Updates by
Thabo Sebatlelo