How People's lives were changed : Teaching Humanity how to love:
Story of Anriette van Koppies
My naam is Anriette. Ek is n 26 jarige jong vroutjie wat al ongelooflike uitdagings in my lewe ervaar het, huidiglik wil my man van my skei, inteendeel hy is alreeds besig om my te skei. Eks reeds meer as 2 maande uit ons huis en hy het reeds aan beweeg so dinge het nou al so ver gegaan dat ek byna nie die hoop het vir herstel vir ons huwelik nie. Ek het deur n erenstig depressie tyd gegaan, ek kon net nie aanvaar wat gebeur nie, ek het allerhande goed begin dink en glo soos dat ek nie goed genoeg is nie. Ek het Julie se nommer by n dierbare vriendin gekry en so besluit om net 'n whatsapp vir Julie te stuur, van daar af het ons in kontak gebly en ekt my afsprake gemaak by haar. My sussie en boetie het met soveel liefde vir my betaal sodat ek na die sessies toe kan gaan in Pretoria. Ek het Julie ontmoet. Dit was vir my iets vreemds en die 1ste sessie was intens maar terselfdetyd goed, my oë moes oopgaan....maar die sessies wat gevolg het was vir my baie insiggewend en ek het vinnig sterker begin voel. Julie het my laat besef dat ek n waardige vrou is, dat ek moet fokus op my, leef vir my en nie vir ander nie. Julie sê my grootste probleem was oorgee, om alle beheer oor te gee en God te vertrou, en om in te oefen om dit aanhoudend te doen, want verandering is iets wat jy doen, net soos liefde, is verandering 'n werkwoord. Julie het op die laaste sessie my geleer hoe om 'n jaar plan vir oorwinning uit te werk. Sy het my ook aangemoedig om te dink waar sien ek myself in n jaar van die dag af. Hartseer is nie maklik om vinnig te oorkom nie, maar soos Julie se: nothing is a quick fix. Dat ek moet Wil verander omdat ek myself liefhet en omdat ek grasg my lewe meer Waarde wil gee as wat ek die afgelope jaar ervaar het. Ek is tans in die proses van hierdie verandering. Ek lees ook positiewe boeke. Bo alles het ek geleer by Julie om vas te hou aan Jesus se kleed, om by Sy voete te sit en te Glo dat Jesus en ek dit saam gaan doen. Ek glo my genesingsproses begin, ek glo dat dit vir my bestem was om Julie te sien en n paar sessies. Die Here sorg so vir elkeen van ons. My verhouding met Christus veral, het baie sterker geword. Julie is 'n sprankelende en wyse vrou en sy is n inspirasie vir elke vrou ek kan enigiemand aanbeveel om vir n Paar uur by Julie te sit in sessies, sy gee om en sy wil seker maak dat jy wat daar sit dit vorentoe gaan maak deur n Paar "skills" wat sy jou leer. Na die sessies hou sy steeds kontak , sy volg op en gee raad. Dit gee my rustigheid om te weet sy gee steeds om na die sessies. Uit haar eie getuienis van herstel, genees en vergewe leer sy mens pragtige voorbeelde van oorwinning...
Getuigskrif van 'n Paartjie Parys, Suid-Afrika
More Julie, ons het gisteraand daarna geluister en oor sekere goed gesels. Jattie het juis gesê ons moet dit oor en oor luister totdat dit insink sodat ons by die doen kom. Maar ek dink wat jy vanmore voorgestel het is baie prakties, baie dankie. Ons altwee ervaar dat ons werklik iets kry uit jou manier van dinge doen. Baie dankie en mag jy 'n wonderlike dag ervaar.
Ek glo dit Julie, met alles in my, in fact ek is al by die punt waar ek God begin vra waarvoor is Hy besig om ons voor te berei, waar wil Hy ons gebruik. Ek het weer my vrou terug gekry, ek voel weer een met haar, ek is regtig baie opgewonde oor die pad vorentoe. Dankie nogmaals.
Dankie Julie, ek is so opgewonde om die pad met ons Vader te stap en die nuwe lewe wat ons ook in ons huwelik ervaar.
Dankie, ek laat weet jou, dankie vir jou, jy het deur gehoorsaam te wees aan die jou "calling" ons huwelik weer sin gegee.
Die Here se Liefde en genade is so ontsaglik groot in my lewe, dankie ook vir jou bydrae jy sal nooit weet wat dit vir ons beteken nie.

Julie, as ek dink aan daardie dag wat ek na jou onderhoud op die Radio geluister het, dan loof en prys ek die Here vir Sy genade en Sy liefde. En ek kan nie genoeg dankie se vir jou wat gehoorsaam is/was om deur Hom gebruik te word nie. Jou insette in ons huwelik beteken baie.
Jy kan kies, gaan my omstandighede my geluk bepaal of kies ek om gelukkig te wees ten spyte my omstandighede. Menslik is dit dalk nie moontlik nie, maar as jy jou “mindset” plaas onder God se outoriteit en waarheid, kry jy ware geluk en vrede wat nie uit ‘n mens kan kom nie. Net God kan jou die vermoë gee om bonatuurlik bo jou omstandighede uit te styg. “The battlefield is in your mind.” You choose. Julie💛
Julie, baie dankie vir jou die waardevolle boodskappe wat jy stuur. Ek is die Here do dankbaar dat jy gehoorsaam is aan die Here se stem, want dit wat jy vanmore gedeel het, dit is waarmee die Here met my besig is op die tydstip van my lewe. Jy stuur boodskappe so reg in Sy wil, wat jy nou kom gee het is 100% in lyn met wat God met my mee besig is. Ek het sommer terwyl ek jou boodskap luister net weer vir Vader dankie gesê vir jou inspraak in my en my vrou se lewe. Dankie my sussie. Ek het regtig 'n opgewondenheid oor wat die Here mee besig is, ek weet nog self nie presies wat dit behels nie maar ek weet Hy is besig met my en ook met my vrou. Liefde, (naam word nie genoem nie) v Parys, Suid-Afrika